Tuisblad
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
Welkom by die Afrikaanse Wikipedia, waar 'n gemeenskap saam 'n ensiklopedie opbou. Sedert Desember 2001 het ons bydraers reeds 11 374 artikels geskep, maar nuwe bydraers is altyd welkom. Wat Wikipedia besonders maak is dat artikels gratis en vrylik beskikbaar is om te lees, redigeer en te versprei. Die inhoud van Wikipedia (en dus ook u bydraes) val onder die GNU/FDL-lisensie.
|
Voorbladartikel
Wes-Australië is 'n Australiese deelstaat wat die hele westelike derde van die Australiese kontinent beslaan. Dit is die land se grootste staat, maar bevat met 2,1 miljoen inwoners slegs 10% van die totale bevolking. Hiervan is 85% in die suidwestelike hoek van die staat woonagagtig. Perth is die hoofstad van Wes-Australië en is geleë op die staat se 12 889 km-lange kuslyn. |
Hierdie dag in die geskiedenis
6 Januarie: Driekoningedag in Katolisisme
|
|
Aktueel
|
Het u geweet...
... dat 'n lid van die Britse koningshuis in Suid-Afrika gesterf het? Prins Christian Victor van Sleeswyk-Holstein het tydens die Anglo-Boereoorlog op 29 Oktober 1900 in Pretoria aan maagkoors gesterf. ... dat Winston Churchill 'n krygsgevangene in Suid-Afrika was? Tydens die Anglo-Boere Oorlog is hy in Natal deur boeremagte gevang. Op 12 Desember 1899 ontsnap hy uit die Staatsmodelschool waar hy aangehou is en vlug te voet en per trein na Lourenço Marques. |
|
Beeld van die week
Die "Blou Albaster": die Aarde, afgeneem deur die bemanning van Apollo 17-ruimtetuig, op 'n afstand van ongeveer 29 000 km. Beelderkenning: NASA Dié beeld is afkomstig van die Wikimedia Commons: 'n gedeelde versameling van naastenby 2 miljoen medialêers wat vryelik en gratis gebruik kan word. Kliek gerus op die beeld vir meer inligting en 'n groter weergawe. |
|
Susterprojekte
|